Baie welkom en dankie dat u die webtuiste van Laerskool Courtrai besoek. Ek hoop u vind al die inligting waarvoor u soek. Indien nie, kontak asseblief die skool. Die kinders aan ons toevertrou is die sentrale fokus in alle fasette van Laerskool Courtrai, vandaar ons visie van kwaliteit-opvoeding vir ons leerders. In ons opvoedingstaak konsentreer ons op ‘n balans tussen akademie (ons is primêr ‘n akademiese inrigting), sport, kultuur en leierskapontwikkeling.