ALGEMENE INLIGTING
INSKRYWINGS
Inskrywings vir leerders van elders word deur die loop van ‘n akademiese jaar gedoen. Inskrywings vir Graad R- en Gr 1-leerders word vanaf April van die akademiese jaar wat skoolpligtigheid voorafgaan, gedoen. Die skoolhoof is in Januarie drie dae voor die heropening van die skool op kantoor.
SKOOLFONDS
Die verpligte skoolfondsbydrae word jaarliks deur die Beheerliggaam bereken en op ’n begrotingsvergadering aan die ouers voorgelê vir goedgekeuring.
VORDERINGSVERSLAE
Vorderingsverslae word aan die einde van elke skoolkwartaal uitgereik.
MEDIUM VAN ONDERRIG
Beide Engelssprekende en Afrikaanssprekende leerders besoek die skool en leerders word in hulle moedertaal onderrig. Ons is ’n parallel medium skool.
FUNKSIES, OUERAANDE EN FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
Talle sosiale geleenthede vind plaas en word deur die onderskeie klasverteenwoordigers in graadverband gereël.
Amptelike oueraande vind aan die begin van die tweede en derde kwartale plaas.
Individuele intervensies vind deur die loop van die akademiese jaar plaas.
Fondsinsamelingsprojekte word volgens behoefte geloods.
UITSTAPPIES
Leerders gaan op twee opvoedkundige uitstappies per akademiese jaar.
SKOOLTYE (somer & winter)
Graad 1 en 2 om 07:45-12:35 Vrydae: Alle leerders om 07:45 - 12:35
Graad 3 – 7 om
LIGGING
Die skool is in 'n gevestigde woonbuurt geleë met 'n pragtige uitsig oor die Drakensteinberge. Die goedversorgde tuine en velde skep 'n rustige atmosfeer vir ons skoolgemeenskap.
GENERAL INFORMATION
ENROLMENT
Enrolment of learners from elsewhere is done throughout the academic year. Enrolment of learners for Grade R and Grade 1 learners is done from April of the academic year preceding the year of school age. In January the headmaster is available for three days before school reopens.
SCHOOL FEES
The amount of the compulsory school fee is determined on an annual basis and tabled on a budget meeting for acceptance by the parents.
PROGRESS REPORTS
Progress reports are issued at the end of each school term.
MEDIUM OF INSTRUCTION
Both English and Afrikaans-speaking learners attend our school. Learners are instructed in their mother tongue. We are a parallel medium school.
FUNCTIONS, PARENTS EVENINGS
Different social events take place and are organized in grades by the class representatives.
Official parents' evenings are held at the beginning of the second and third terms.
Individual interventions take place throughout the academic year.
Fund-raising projects are organized annually as needed.
EXCURSIONS
Learner go on two educational excursions per academic year.
SCHOOL TIMES (winter & summer)
Grades 1 & 2 at
Grades 3-7 at
LOCATION
The school is situated in an established residential area with a beautiful view of the valley and the